Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 03 JANUARIE 2016

Goeiemôre en welkom by die eerste nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga vir 2016, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans en Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit. Hierdie uitsendings vind plaas op HF asook op verskeie BHF- en UHF-herhalers en word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

'n Oudio opname sowel as 'n teksweergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanmore met nuus van ‘n stl sleutel: Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Berta Kappetijn, die LV van Hans ZS6KR, is op nuwejaarsdag na jare en onlangs etlike weke se erge lyding.

Aan Hans, kinders Dennis en Sonja en klein kinders ons innige simpatie. Mag sy nou vrede en verlossing vind.

POUSE

IN DIE NUUS VANDAG

BENOEMINGS VIR DIE SARL RAAD INGEWAG

INTERESSANTE WENKE VIR DIE NADERENDE PEARS WEDSTRYD

V51PJ SAL BINNEKORT MET BLINK NUWE ANTENNE STELSELS SPOG

RAE NUUS

Bly ingeskakel vir meer hieroor asook ander interessante nuus items

** Hiermee ‘n uitnodiging om die benoeming van persone tot die raad van die SARL. Hierdie jaar tree daar weer 'n paar raadslede uit na 'n twee jaar sessie op die raad van die SARL. Hulle is:

Fritz Sutherland ZS6SF
Geoff Levey ZS6C
Hans van de Groenendaal ZS6AKV
Riaan Greeff ZS4PR

Hierdie persone het aangedui dat hul wel beskikbaar is vir herverkiesing

Reëls vir die benoeming
‘n Benoemingsvorm wat onderteken is deur 10 sekondante wat vol opbetaalde lede van die liga is, of deur 'n klub waarvan ten minste 10 lede aan die SARL behoort.

Raadpleeg asseblief die konstitusie, wat verkry kan word op die SARL webblad, om meer inligting te bekom.

Terselfdertyd is hierdie ook 'n uitnodiging vir die indiening van mosies wat tydens die SARL AJV bespreek moet word. Mosies moet kort en bondig wees met 'n duidelike motivering asook onder teken wees deur 'n voorsteller en sekondant

Die sluitings datum vir beide hierdie versoeke is 31 Januarie 2016. Rig jou benoeming en of mosie aan die sekretaris van die SARL by secretary@sarl.org.za of per faks aan 086 552 8487.


** Die PEARS BHF/ UHF kompetisie vind oor twee weke plaas. Hier is so paar voorstelle om die wedstryd so bietjie meer opwindend te maak.

Wanneer jy gelykgolf werk stel jou frekwensie 1 KHz hoër, sodoende hoor die ESB stasies jou ook.

Tydens druk periodes skuif baie stasies tussen 5 en 15 KHz van die roepfrekwensie af weg. Stem gereeld op en af om sulke stasies ook te kan hoor.

Die FM kategorie op 144,400 en 145,500 MHz is daarop gemik om nuwelinge ook te laat deel in die pret. Hierdie stasies verdien 10 punte per kontak in hul eie divisie en 20 punte per kontak vanaf ander divisies.
Willem Badenhorst, ZS6WAB, en Ken Victor, ZS2OC, het reeds pryse vir wenners in hierdie kategorie, in hul eie divisies, geborg. Borge vanaf ander afdelings word steeds ingewag.

** Die nuwe antenne stelsels vanaf Pine ZS6OB het in Rosh Pinah, Namibië geland. Pieter Jacobs, V51PJ, het bevestig dat die hy die stelsels ontvang het en reeds besig is om alles aanmekaar te sit. Pieter beplan een mas met 2, 13 element 2m, 2, 18 element 70 cm en ook ‘n 9 el 6m Yagi antenne stelsel. ‘n Tweede mas met ‘n 4 meter stelsel word ook beplan en behoort reeds tydens die PEARS wedstryd in bedryf te wees. Wanneer alles in plek is sal Pieter ook die Elevasie eenhede opsit wat AMA vir 2 meter en 6 meter sal moontlik maak.

** Pieter, V51PJ, berig ook dat ZD7VC op St. Helena tans onderhandel met ‘n DX groep wat die eiland binnekort besoek. Hy hoop om hul lugdrade na die ekspedisie te kan oorneem. Die onderhandelinge geskied via ZS4TX wat die spanlede persoonlik ken.

Die span ontwerp tans ‘n bi direksionele Yagi lugdraad met tussen 6 en 9 db wins in twee rigtings 180 grade van mekaar. Toetse met hierdie lugdraad begin binnekort.

** Registrasie vir die Mei 2016 RAE is nou oop. Lees eers die registrasie inligting om frustrasie te voorkom
Kostes vir die eksamen beloop:
R475.00 vir persone ouer as 25 en R375.00 vir persone onder 25

Navrae kan gerig word aan rae@sarl.org.za

HF Voortplanting verslag
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Groot Sonvlek
AR2473 is besig om te vergaan maar kan die bron van vêrdere M-klas sonfakkels wees.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van
ongeveer 40 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. 10 m openinge is ook moontlik.


Dagboek van gebeure

3 Januarie – Vandag, Kids Day geleentheid
6 Januarie - die NARS is oop vir sake
9 en 10 Januarie - Hunting Lions in die Lug
10 Januarie - die SARL Jeug Net op 7 070 om 15:00 UTC
15-17 Januarie - die PEARS Nasionale BHF en UHF kompetisie
23 Januarie - Somer QRP kompetisie
31 Januarie - Die sluitingsdatum vir nominasies vir die Raad en die indiening van mosies vir die AJV


So kom ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na die tydskrifprogram "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Podcast deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saam gestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week en wonderlike 2016 toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003